Leon bel my 9:00 en vra of saam met my kan ry. Ek stem in en tell hom 11:15 op. Ons besluit om oor die “nuwe” Bainskloof te ry en stel vas dat dit korter as al die ander opsies is. Sal seker langer neem want oor die pas kan mens nie ’n goeie gemiddelde spoed handhaaf nie. Ons stop in Ceres vir ’n Cheese burger, chips en Coke. Ons kom net voor 14:00 by Kaleo aan. Johann de Bruyn, wat iemand anders se inskrywing oorgeneem het, laat weet my daar is vir my ’n bed in ’n luukse tent! Ons registreer eers, Leon neem sy goed en ek schuif my motor na die parkering by die luukse tent.
This was in preparation for the Freedom Challenge Race Across South Africa (FCRASA)which I completed in June 2014 and 2019. Ek is die eerste persoon oor 70 jaar wat RASA voltooi het. Gedurende April 2016 en Maart/April 2024 ry ek om geld in te samle vir CANSA vanaf Beitbrug na Bloubergstrand ter gedagtenis aan Sue, my vrou, wat op 23/09/2022 oorlede is aan die newe effekte van kanker. 2026 afstand was 3,200 en 2024 3,500 kilometer. In June/July 2026 I plan to do the FCRASA again at age 77.
Dinsdag 14 Februarie 2023
Tankwa Trek Dag 1
Die “prolog”begin 15:00 en ek spring in groep D weg. Die pas is onmiddelik redelik zwaai en dit is ook niet lang toe is ek omtrent heelagter. Gelukkig is daar ’n paar tegniese gedeeltes en na 26 minute gaan ek die eerste deelnemers verby. Na 37 minute gaan ek by nog twee verby. Dit neem my 50 minute om vir Johann en Egbert Robertson, wat saam met hom ry, in te haal.
Die rotte is nou redelik tegnies en die pas is maar stadig. Daar is ook ’n paar opeenhopings waar ons moet wat dat die voorste mensen weg kom. Ek gaan by Egbert verby by een so ’n tegniese gedeelte. Ons ry oor ’n damwal met ’n redelike styl afdraend. Iemand het geval en dit neem ’n redeljke tydjie voordat ons weer aan die gang kom.
Die grootste gedeelte van die Prolog bestaan uit “single tracks” en dit is regtig baie lekker en uitdagend. Daar is op 18 km ’n waterpunt. Ek stop net om my waterbottel volks en water te maak en ry gou weer. Die laatste gedeelte van die rotte vilg dele wat ons al van tevore op die laatste dag gery het. Net voor Kaleo lei hulde ons agter om die Chalets en dan deur die bloekombos aan die Suidooste kan van Kaleo.
Ek voltooi die 29.42 km in 1:49:17 met 401 meter se klim.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking