This was in preparation for the Freedom Challenge Race Across South Africa (FCRASA)which I completed in June 2014 and 2019. Ek is die eerste persoon oor 70 jaar wat RASA voltooi het. Gedurende April 2016 en Maart/April 2024 ry ek om geld in te samle vir CANSA vanaf Beitbrug na Bloubergstrand ter gedagtenis aan Sue, my vrou, wat op 23/09/2022 oorlede is aan die newe effekte van kanker. 2026 afstand was 3,200 en 2024 3,500 kilometer. In June/July 2026 I plan to do the FCRASA again at age 77.
Maandag 25 April 2011
Voorbereiding vir RASA 2011
Oor 7 weke is ek teen hierdie al twee dae oppad. As alles volgens plan verloop slaap ek dan op Ntsikeni. Ek sien die Woolnoughs is in dieselfde groep as ek. Dit behoort te help met die navigasie! Die oefening verloop heel goed. Ek het die afgelope 14 dae 391 km gedoen met gemiddeld 15 meter per km se klim. RASA se gemiddeld is 16. Beplan om volgende week weer een la-a-ang dag in te kry en dan is dit die Saronberg MTN op 14 Mei en Dirtopia se 100 miler op 21 Mei. Daarna sal ek dit "rustiger" vat tot en met 12 Junie, wanneer die groot uitdaging begin.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking