Ja so kom hierdie besonderse ondervinding ook tot 'n einde! Soos hulle sê "Alle goeie dinge kom tot 'n einde"! Gedurende hierdie vier weke was daar beslis baie "goeie" dinge. Daar was beslis swaarkry, maar die moeilik tye het tot 'n einde gekom met die satisfaksie van daar deur te kom!
Wat mis ek die meeste? Die verwagting van wat môre gaan op lewer! Die meeste paadjies wat ek gery het was ongelooflik mooi en lekker om te ry. Wanneer ek so deur 'n bos, besaai met blare wat hoe weet al lankal daar lê, gery het, was ek in my eliment. Dit was heerlik! Wanneer ek daardie oneindige, rowwe bulte opgestoot het, het ek myself getroos met die wete dat dit ook tot 'n einde sal kom en dit het!
My liggaam en my vermoeë om aan te hou was vir my inspirerend. Die vermoeë om net nog 'n bietjie te gee is een van die besondere kenmerke van hierdie wonderlike liggaam wat ons Here Jesus vir ons gegee het. Ek het ook weereens besef dat ek mooi daarna moet kyk. Ek lees gister 'n skrywe van Nigel Payne, wat in sy laat vyftigs is en verlede week na 'n "gravel" wedren 'n hart aanval gekry het en besef toe hoe kosbaar goeie gesondheid is. Hy het, net soos ek, al die regte dinge gedoen, maar dit was nie genoeg nie. Gelukkig het hy baie gou by die regte mense en plekke uitgekom en dit oorleef!
Ek sal, wanneer ek weer tuis is, deur my blog gaan en fotos plaas wat in lyn met die teks sal wees, so die van julle wat hgaag daardie korrelasie wil sien, sal dit kan doen. Dit gaan 'n paar dae neem, masr ek sal 'n nota op die WhatsApp groepe plaas. Ek sal ook statstieke saamstel, maar ek jan meld dat die totale afstand 1,100 km was. Sal interessant wees om totale tyd en meters geklim te sien.
Ons bus rit van Marseille na Malpensa Lughawe, noordwes van Milan is amper klaar. Ons slaap vannaand en môre aand in 'n plek binne 3 km van die lughawe. Die plan was om môre Milan toe te gaan en toeriste te wees, maar die trein kaartjies daar voor is meer as R800, so weet of ons dit gaan doen nie. Miskien maar net "chill" en ons reg kry vir die lang vulg huis toe!
Een van die interessante gewaarwordings van hierdie avontuur is die gebrek aan diere lewe in die areas waar ek gery het. Dit was meesal redelik afgeleë met klein dorpies in die berge. Ek het een bokkie (soortgelyk aan steenbokkie), twee dassies en 'n paar eekhorinkies gesien. Daar is ook 'n groot gebrek aan voël lewe. Twee seeneeue in Marseilke 'n paar duiwe in die strate van die groter stede, maar verder niks. Nie eers tortelduiwe wat jou soggens wakker koer nie. Het darem een of twee torelduiwe gesien, maar hulle is ook dun gesaai. Die Europeërs is lief vir hulle honde en ek het op baie mense afgekom wat in die woude met hulle honde stap. In die areas waar ek gery het, het ek ook baie stappers tee gekom.
Ons is nou in ons bly plek, 4 km van die lughawe. Het vandag daarheen gestap, vir oefening en ook om geld te trek om vir die vervoer en terug lughawe toe, te betaal. Verder "hang" ons maar hier rond. Die omgewing is baie bebos en eil bevolk. Hier is ook 'n groot kanaal so 1 km weg. Ons beplan om dit vanmiddag te gaan verken.
Lekker lamgs die kanaal afgestap. Is skynbaar deel van 'n hidro elektrisie stelsel. Ons besluit om op die teenoorgestelde bank terug te loop en loop ons toe amoer vas! Ons pad terug is toe tussen twee kanale. By die brug waar ons vanoggend oor is, is daar geen manier om van pad tussen die kanale terug te kom op die brug nie. Gelukkig is daar toe trappe by die punt waar ons draai! Induen, sou ons terug moes stap soos ons gekom het en dit sou 'n 5 km draai gewees het! Stap was baie mooi en lekker.
Saterdag 13 September
Ons gasvrou het ons 10:00 opgetel en by die lughawe afgelaai. Net voor sy ons opgetel het, het ons vir ons elkeen 'n panini met ham en kaas oorkant die pad gekry vir middagete op die lughawe. Teen 4 euros elk is dit baie goedkoper as die kos op die lughawe wat gewoonlik by 9 euros begin! Nou die lang wag tot 22:20 wanneer ons vertrek. Ons neem beurte om rond te stap om die bloeds omloop aan die gang te hou en die tyd om te kry. Ons het darem 'n goeie koffie plek gekry en sal ons laaste euros gebruik om koffie teckoop teen 3 euros (R61.50) per koppie.
Wat staan vir my uit van die avontuur? Verblyf relings in Cabane! Daar is nie baie blyplek in Cabane nie en toe ek by die eerste plek stop vertel 'n baie nors tannie vir my hulle is vol. 'n Entjie die pad af begin dit liggies reën en ek stop om my reënbaadjie aan te trek. Ek sien 'n tiener by 'n plaashuis langs die pad met 'n sokkerbal wat by die werf in stap. Ek ry in en ek roep hom. Sy Engels is nie baie goed nie, maar hy gaan roep sy ma. Die se Engels is beter en sy begin saam met my soek. Sy kry 'n plek maar daar is nie antwoord nie! Die volgende een het plek. Sy gee my die aanwysings en sê dan ek moet daar in hulle garage wag totdat die reën bedaar. 'n Rukkie later kom sy terug. Sy het 'n ander plek gekry en ek moet net wag want die eienaar kom haal my met sy motor. Die kom so 10 minute later daar aan met 'n gehawende Ford sedan wat beslis nie plek vir my fiets het nie. Geen probleem sê sy ek kan my fiets net daar in hulle garage los. Ek ry saam met my gasheer in sy baie vuil motor, binne en buite, na 'n "dodgy" maar lekker blyplek. Hulle gee vir my aandete en ontbyt plus verblyf vir 50 Euros! Gewoonlik betaal ons 100 Euros net vir blyplek! Volgende oggend lewer hy my net na 07:30 af waar ek my fiets gelos het. Daar is niemand nie, maar die garage is oop, ek neem my fiets en sit my reis voort! Ek veronderstel so iets kan ook in SA op die platteland gebeur, maar nêrens in die wêreld in 'n stad nie. Die hulpvaardigheid van die Italiaanse vrou is beslis een van die hoogtepunte.
Ek wil ook almal bedank wat tydens die toer vir ons veilig bewaring en voorspoedige reis gebid het. Dit het beslis gehelp. Ons het elke aand goeie verblyf gekry en nooit honger gelei nie. Die Here se hand was heeltyd oor ons.
Finale data: Totale afstand 1,099.56 km; Total ry tyd 145:44 uur; Totale meters geklim 25,817
So what was the highest moment and what was the lowest moment? The best riding day was the second last day of Grande Traveseé VTT L'Alpes Provence from Cruis to Forcalquier. The trails were magnificent and I could ride most of it. Very little unridable sections and just beautiful tracks, Especial coming of the mountain just before Forcalquier. Those magnificent rocks and the awesome single track with a big drop-off at the beginning. No lowests, but the first 4 hours out of La Nuvola sul Mare was bruttle. Parts were real Freedom Challenge stuff! 3 hours to cover 7 km. Then once into France, the climb up the mountain after Le Lauzet-Ubaye was real hard work. 1:33 to cover 1.95 km. That is an average speed of 1.258 kph! I have never travelled that slowly for that distance. I did not have to carry my bike, but the gradiënt varied between 7% and 34%!. I thought I was going to spend the whole night in the bush!
Hier is ons roete tot net voor Manosque, waar Spot se batterye pap geraak het.