Maandag 20 Januarie 2025

Attakwas nommer 16



Ek het vroeg verlede jaar al ingeskryf vir die Attakwas op 18 Januarie 2025. Dit sou nommer 16 wees. Ek reël met my broer om saam te gaan sodat hy my motor van Oudtshoorn deur kan neem Grootbrakrivier toe.


Ek kry hom so net na 11:00 en ons kom 16:30 in Oudtshoorn aan. Registrasie verloop vlot en ons eet aandete by Die Smitswinkel.


Ek het weer besluit om sommer met die fiets die 10 km na die wespring by Chandelier af te lê. Ek val so net voor 05:45 in die pad en kom 06:15 daar aan. Na 'n koppie koffie, beweeg ek na my wegspring blok. Ek is vandag eerste daar!


Ek is in Groep C en ons begin 06:50. Die roete is so 'n bietjie aangepas by Waterpunt 2 wat die total afstand 3 km langer maak. Ek sien vir Stanley James (ons volg mekaar op Strava en hy ry ook in die Tygerberg omgewing) by die begin. Hy begin 5 minute voor my.


Ons begin op tyd en soos gewoonlik ry ek teen 'n gemaklike pas tot by Waterpunt 1. Die roete loop deur Chandelier en is goeie "jeep tracks" met so 'n stukkie op 'n distrikspad net voor die waterpunt. Hulle het gelukkig die lelike bultjie oppad daarheen, waar ek in die verlede 'n stukkie moes stoot, uitgehaal. Langs die pad kom ek vir Ricky, wat 'n gedeelte van die To Hell and Back saam met my gery het, tee. Ek kom na 1:27 by Waterpunt 1 aan. Na 'n glasie Coke, piesangbrood en 'n dadel bolletjie, val ek weer in die pad. 


Vanaf Waterpunt 1 tot by 2 ry ons oor die Klein Doringrivier en dan oor die Kandelaarsrivier, waarna daar 'n baie styl klim van 460 na 537 meter oor 'n afstand van 500 meter is. Ek kry dit reg om so driekwart uit te trap, maar dan raak die oppervlakte te rof en ek stoot die laaste entjie. Die grootse gros van die mense wat saam met my ry, stoot meer as helfte van die bult op!


Op 41 km kruis ons die Klein-moerasrivier en ry dan parrallel met hom tot net voor die R328 waar ons die Moerasrivier kruis. Waterpunt 2 is nou meer padaf en ons ry so 1 km langs die teerpad tot by die waterpunt. Ek kom na 1:36 hier aan. Na die gewoonlike glasie Coke, piesangbrood en dadel bolletjie, is ek weer oppad. Een waterbottel is vol water en die ander een vol ys!


Ons ry so 'n entjie langs die Safraanrivier, wat ons na 53 km kruis. Net na die kruising is daar 'n 300 meter lange stuk waar tydens ons 30 meter klim. Die eerste groot stoot van die dag, aangesien die pad oppervlakte ook so danig is dat dit baie moeilik is om momentum te behou. Hier loop is vir John Gale raak. Ons ry 'n entjie langs die Safraanrivier en dan begin die groot klim na die ingang van die Attakwaskloof. Hier loop ek vir Stanley James raak. Ons neem fotos by die ingang van die kloof. Daar word weereens 'n groot gedeelte gestoot as gevolg van die gradiënt en die pad oppervlakte. Ons klim van 656 meter tot by 844 meter oor 'n afstand van 1.8 km. Dit is dan ook die "King of the Mountain" en die hoogste punt van die dag. Anderkant af ry ons parrallel met die Kammarivier tot op ongeveer 65 km, wanneer ons hom weer kruis en dan aan sy regterkant ry tot by Bonniedale. Ons is hier redelik ver van die rivier af en kan hom nie sien nie. Net voor Bonniedale is daar 'n baie tegniese afdraend, wat ek, met groot versigtigheid reg kry om af te ry tot onder in die rivier en dan links op na Waterpunt 3. Hierdie 23 km neem my 2:19 en waar my gemiddelde spoed amper 15 kpu was na Waterpunt 2, het dit nou geval na 12.7. My mikpunt vir die dag is 10 uur en dus moet ek 'n gemiddelde spoed van 12.4 kpu handhaaf. Ek is dus nog binne my teiken. Na die gewoonlike verversings en 'n 5 minute stop, is ek weer oppad. Ek loop weer vir Stanley hier raak en ons pak die volgende skof saam aan.



                                             







Bonniedale lê op 349 meter en oor die volgende 5 km klim ons tot by 563 meter! Dit neem my 45 minute om die 5 km af te lê. My gemiddelde spoed is nou besig om gevaarlik naby aan my teken van 12.4 kpu te kom. Trouens, teen die tyd wat ek by Waterpunt 4 kom, is dit af na 12.3 kpu. Dryland het dit goed gedink om 'n ekstra waterpunt tussen Waterpunt 3 en die einde in te sit. Dit is gedoen as gevolg van die groot hitte die afgelope paar jaar en dit is dus verblywend om op 98 km te kan stop om water aan te vul. In die verlede was hierdie skof 22.5 km. Stanley het intussen onder my uit gery. Ons is nou op goeie distriks paaie en dit gaan lekker vinnig wanneer daar 'n afdraend kom! Ons ry verby die afdraai waar Waterpunt 4 altyd was. Ons het ook hierdie "ompad" by 'n vorige geleentheid, toe dit baie nat was, gery. Dit gaan dus ook vinniger was wat die stukkie deur die boorde in die verlede geneem het. Net na die aansluiting waar die "boorde pad" by die huidige roete aangesluit, is daar weer 'n groot klim. 1.5 km wat 15 minute neem om te "bemeester"! Hier sien ek heeltyd vir Stanley so 100 meter voor my. Ons was vandag baie gelukkig met die temperature wat so tussen 35 en 38 grade gewissel het. Op 92 km raak dit vir 'n oomblik vas op 40.8, maar val dan gou weer na 29! Baie beter as verlede jaar toe dit tussen 40 en 45 gewissel het. Die volgende waterpunt is by Ruiterbos, waar ons weer die R328 kruis. In die verlede was dit net 'n "spectator point". Hier stop ek vir 4 minute. My gemiddelde spoed het darem nou na 12.6 kpu geklim. Nog gevaarlik naby aan my 12.4 mikpunt! Ek het 'n gemiddelde van 14.7 kpu oor die afgelope 26.7 km gehandhaaf.



Nou begin die laaste skof. Ons trek nou op 97.5 km met nog 27 km om te gaan. Daar lê nog twee baie styl klimme voor, maar oor die algemeen hoort ek nou 'n beter gemiddelde spoed te kan handhaaf. Halfpad teen die eerste groot klim op loop ek weer vir Stanley raak. Hy het op een van die draaie stil gehou om 'n bietjie asem te skep! Bo-oor die tweede laaste groot klim en dan lekker vinnig af na die volgende klim en die laaste waterpunt op 111.5 km. Dinge begin nou vinniger verloop en my gemiddelde spoed is op na 12.8 kpu. Ek het 15.3 kpu oor die laaste 14 km gehandhaaf. 



Met 13 km oor voel ek goed. Ek het intussen vir Stanley agter gelaat en sien nou weer vir John Gale so 100 meter voor my, maar ek haal hom nie in nie! Op 119 km draai ons vir 800 meter regs op 'n teerpad an dan links op 'n grondpad vir die laaste 3 km. Twee ouens kom teen 'n redelike spoed by my verby. Ek "haak" by hulle vas en ons haal vir John in. Hulle pas raak egter 'n bietjie te vinnig en John val terug en ek saam met hom. Na 'n rukkie neem ek oor by hom en ry voor. Met 1 km oor merk ek op dat John nie meer op my agterwiel sit nie. Nou is dit net die laaste bult af. Moet maar versigtig deur die draaie. Wil nie nou val so die wedren eindig nie! Alles verloop verder goed en na 9:25:52 maak ek my 16de Attakwas klaar! Dit was voorwaar een van my lekkerste Attakwasse. Die weer was bykans perfek en ek het gevoe ek sukkel nie. Van die begin af teen 'n pas gery wat my pas en die wedren besonder baie geniet.


Wat 'n voorreg om nog gesond genoeg te wees om dit te kan doen. Ek wonder vir hoe lank nog. Die afsnypunt van 11:00 is besig om nader te kruip!






 


Woensdag 25 Desember 2024

Moorreesburg - Bloubergstrand



We booked in at die Koeistal on the SW outskirts of Moorreesburg. It is part of the setup of Wilinda Hanekom, with whom I stayed during my visist to Carine at the beginning of August. Supper was at "smorgasbord" of mince and spinach with some cheese added as we had no spices! Riley brought an avo with and we also shared a bread roll. Pudding was a couple of pieces of chocolate!


I spent most of the afternoon updating my blog. After supper we both spent some time reading various articles on our phones and then went for walk to the pool. Sat there for a while cooling down my feet and doing some star gazing. I did manage to point out the evening star, three kings and southern cross, which is not visible in the northern hemisphere, to Riley. We retired to bed at 21:30 mand planned to get going at 06:30.



We rose at about 06:00 and Riley took quite awhile to pack his bike. He had some issues with his bag moving around so he decided to try it lengthwise today. In the end we only got going at 07:05. 


When we got to the main road through Moorreesburg, I told Riley he must go left while I go right! He was quick to point out that that was not what Komoot, on which he loaded today's route, recommend! I looked my map and immediately realised that he was right! The road I tried to send him down was the road to Hopefield! I therefore decided to ride with him until we are on the correct road out of Moorreesburg. That took me down a 2km detour, but it was well worth it. When Riley agreed that he was on the right road, we bit our good byes and I turned around to head back to Malmesbury. 


My route for the day was the same as the previous day, just in the opposite direction. The wind was howling all night and while Riley was going to have this wind on his back while I had to ride into it. The further I went, the higher to temperature rose! By 10:00 my Garmin indicated 44.7! The wind did tone down from earlier this morning and was actually a blessing as it cooled things down a little. 



After 21km the wind changed direction from SE to NE and suddenly I had the benefit of a wind on my back! This lasted up to Malmesbury. On the way I stopped at a pool of water and submergged by bandana to cool my head. In Malmesbury I bought a 1.5 liter bottle of water, drank half and filled my water bottle with the other half. The wind changed to SE again, but was not too strong. At Kalbaskraal I stopped at a Spaza shop and bought a bag of ice. I first filled my water bottle with ice, then threw some ice down the inside of my cycling jersey at the back and front and put some ice blocks in the big hole on top of my helmet. On the way to Philidelphia I kept on filling may water bottle with ice. I also stopped a a stream and cooled my head with a wet bandana. 


Just before I crossed the Philidelphia tar road, I realised that I have a rear flat! Stopped and pumped it! I very quickly realised that this flat was not going to seal itself. I did have a bottle of sealant with me and stopped to put this in and hope for the best. I do have a number of friends who would have been more than willing to come and fetch me, but I felt that phoning anybody at 13:30 on Christmas day while they are in the middle of their Christmas dinner, was asking a bit much. So with a quick prayer I pumped the tyre as hard as I could and hit the road. Wel, my prayers were answered, as the sealant did the trick!


In Melkbosstrand I stopped for some more water and treated myself to an ice cream. The temperature now came down to 36. What a blessing is it to be able to cycle next to the sea! I did managed to maintain a reasonable pace on the cycle path to Blouberg and arrived home just before 15:30. 


Total time 8:15; distance 109.49. Average speed 13.3 kph.


In the meantime Riley had his own issues. When he contacted me at 19:45 it was to inform me that he is back in Moorreesburg. He had 4 punctures and broke a spoke! The only option is to wait until Thursday, get a lift to Malmesbury and see if bike Addict can sort him out.  

Dinsdag 24 Desember 2024

Riley - Bloubergstrand to Moorreesburg



Riley was planning to ride up the West Coast road to Langebaan on the first leg of his tour. I "convinced" him to change by agreeing to ride with him on the first day if he was willing to take another route which I suggested. He agreed to my proposal, but first we had to take the new bike for a test ride!


So when we got home after collecting the bike, we doned our cycle gear and went for a lap of what I call our "lock dowb" route. This is circle route through Blouberg, West Beach, up the R27 to the Table Bay Mall traffic lights and back. On our way back we stopped for a "compulsory" photo of Riley with the bike and Table Mountain in the back ground. Back home Riley fitted all his luggage, with help of Henk, my son-in-law. We did weigh the bike with all the "assessories" and ot cane in at about 16kg. We did not weigh it after all the luggage was  added, but my guess is that the final product would push thescal past 39kg. We did weigh his bag and that was just short if 10kg. To that must be added two 1 liter water bottles, two 750ml water bottles, a tent and a sleeping bag sng mat!


The plan was to get moving at 06:30 this mirning, but we only got away at 06:54! The route started with our regular Botterberg route. At the left before the Oliphantkop hill, which  we skipped today I took a photo of Riley with Table Mountain in the back ground, for the last time! At the Old Malmesbury Road we turned left towards Malmesbury. For the next 30km we would be on tar, going through Kalbaskraal and past Abbotsdale. The "drag" up the hill through Malmesbury was quite an effort. We reach the new mall on th NE side of Malmesbury after 3:21. Seatle Coffee was our destination and the order was for two slices of banana nread and two coffees. If took us 25 minutes to get and consume this. 


Now there was 45km left to Moorreesburg and most of it on gravel. When we left Seatle my temprature gauge indicated high forties! That partly was due to the bike being in the sun and it did come diwn to tge high thirties, but between the two towns the temperature hovered between 37-42 and did go up to 45.7 for a while! Up the last hill it was between 42-45. That is hot! There was a little breeze, which did help in making it more barable! We did stop at a farm just after crossing the R311, but found nobody home, only some dogs, which was reasonably friendly after they saw that we were no threat. We did find a tap with some water, which was quite cool, at least cooler than our water bottles which have been in the sun!


On the the last hill Riley did fall behind a little and I had to wait for him before we crossed the N7. In town we stopped at Shoprite to get some cool drinks and something to make for supper. Our accommodation was right at tge SW corner of town and we arrived there at 13:50.


Total riding time 6:54:42; distance 106.49, meter acsent 1,117.





Riley from Canada



Riley contacted me towards the end of November via Warmshowers to hear if he could stay with me while he waited for his bike, which should have arrived during the first week of December. 


Couple of problems: He bought a frane made from "bamboo" from a manufacturer from Uganda, thus "Africa time" entered the equation. The grame finally arrived in Johannesburg on about 10 December and was promptly held up by Customs for inspection. This took a week of to and throwing with Customs duty gaving to be paid and was finally cleared on 17/12. It arrived in Cape Town on the morning of 18/12 and the courier company tried to deliver it to the Back Packers where Riley stayed before he "moved in" with me. He managed to get hold of the diver, who then told him he is only allowed to make deliveries in Green and Sea Point. I asked Riley to let me soeak to the guy, where upon he confirmed his area. I asked where his base is and via which route he gets there. The answer was the Airport via N2. I asked him to deliver the bike to Woodstock Cycleworks, in Searle Street. Initially he refysed as this was not on his route! After some persuation he realise that Searle Street is not too far off his route and agreed to deliver it there!



Riley did contact Nils of Woodstock Cycleworks during November and they agreed that Nils will add all the necessary components as soon as the frame arrives. On receput of the frame, Nils immediately got going on tecepit of the frame. Our first visit to the shop was on Thursday 19/12. By this time wheels, fork and seat have been fitted. Nils did mention that he had a problem with the fork, as the frame was a 60cm frame (Riley is quite rall), he did not have a rigid fork long enough to clear the head of the frame and that might have to fit a suspention fork. Nils, being the innovative guy that he is, then went ahead and extended a ridig fork to ensure that it is long enough. 


The frame was ment to be fitted with a 1x drive train, but after some consultation if was agreed that a 2x will provide a better range of gears and will be easier to work with in "Africa" should something go wrong. The next problem was the tread on the bottom bracket, which seems to be warn! Once again Nils' innovation came into play and he retreaded it. Riley also gave him the carrier which he bought and this was also fitted. Finally everything was completed by mid afternoon on 23/12. Woodstock Cycleworks was closing down at 17:00 on 23/12 for their Christmas brake! So, completion was in the nick of time.


Riley and myself were really impressed with Nils and the "extra mile" he was willing to walk to ensure that Riley leave with a proper working bike to tackle his trip from Cape Town to Kenia.






Sondag 17 November 2024

To Hell and Back 2024





Oppad terug van die Attakwas maak ek vir Johan de Bruyn die voorstel dat ons vanjaar To Hell and Back moet doen. Hy "tel" die idee op en teen einde Junie is ons 10! Ongelukkig moet sy vrou die Maandag voor die wedren in gaan vir 'n opperasie, dus is hy uit. Annemarie se man moet skielik die naweek weggaan met die gevolg dat sy die "huislike verpligtinge" moet oor vat, dus is sy ook uit. Ek probeer kry dat 'n paar van ons saam ry, maar dit werk ook nie. My pogings om iemand te kry om een van hulle plekke in te neem lewer ook niks op nie. Ek "piekel" dus maar op my eie hier af. Ek ken darem almal in die groep wat wel gaan ry.


Ek vertrek net na 10:45 en kom net na 16:00 by De Hoek aan. Terwyl ek registrasie soek, loop ek vir Jannie Steyn, een van ons groep, raak. Ons deel 'n huisie by De Hoek. Ons koop ete kaartjies en eet "spaghetti bolgnaise". Na koffie en lekker gesels met Kobus en Carin, wat deel van ons groep is, verkas ons bed toe. Môre oggend moet ons sakke 06:15 by die trok wees en ons moet reg wees om 07:00 weg te spring. 


Ons begin met die teer uit De Hoek uit en dan regs oppad Swartbergpas toe. Na so 'n paar kilometer draai ons af by Nooitgedacht en ry met 'n "jeep track" tot waar ons by die begin van die Swartbergpas, weer by die grootpad aansluit. Teen die pas op maak ek kennis met Rudi en Riki, wat vir volgende jaar se Epic oefen, min wetende dat ons paaie nog 'n paar keer oor die twee dae sou kruis!







Nou begin die klim. So ongeveer 1,000 meter se klim oor die volgende 10 kilometer. Dit neem my ongeveer 2 uur om tot bo te kom. Anderkant af vir so kilometer of twee en dan links Hell toe! Die bordjie sê 37 km maar dui aan dat dit 2 uur met 'n motor gaan neem! Dit sou my 3 uur 40 minute, met die fiets neem.


Die eerste waterpunt is net na die afdraai. Ek stop vinnig vir 'n paar marshmellows en 'n paar glassies Coke. Van die top van Swartbergpas tot by die voet van "Hartbreak Hill" is 31 kilometer waar ons van 1,560 meter na 713 meter daal, maar dit is nie alles afdraend nie. Daar is 'n hele paar klimme en dit neem my 3 uur om die 31 kilometer af te lê, wat duidelik wys dat dit nie alles afdreand is nie. Dit is dan ook een van die redes hoekom dag 2 moeiliker as dag 1 is. Daar is darem 'n waterpunt na 36 kilometer, waar ek weer vir dieselfde versnappings stop.





Die laaste waterpunt, aan die bopunt van Elandspas, kom op 54 kilometer. Waar ons in die verlede aan die onderpunt van Elndspas ge-eindig het, moet ons nou nog 'n verdere 15 kilometer ry na die nuwe kampterrein. Na die brand van 2019 het Cape Nature niks gedoen om hulle kampterrein te herstel nie. Hulle het ook al hulle huisies in die vallei, toe gemaak. Wanneer en of dit ooit weer oopgemaak sal word, sal maar gesien moet word. Die pad is redelik rof met 'n hele paar water kruisings, waarvan somminges nogal diep is. Die kruising van die Gamkasrivier is ekstra moeilik omdat die stroom redelik sterk loop en ons teen die stroom op moet ry. 


Na 5:50 en 74 kilometer kom ek by die eindpunt aan. Ons het "luxury" tente en die tydelike stort is lekker warm. Hulle was ook ons fietse. Ons kry 'n burger vir middagete en gaan sit daarna met ons voete in die water. Die temperatuur is in die hoë dertigs, maar daar trek 'n luggie wat dit draaglik maak. Aandete is die gebruiklike steak, hoender sosatie en wors, wat jy self moet braai op die kole wat hulle voorsien. In die verlede het hulle iemand gehad wat musiek maak, maar vanjaar is daar net 'n luidspreker waaroor musiek gespeel word. Iemand voer 'n onderhoud met Wikus van der Walt van Ecbound, wat die wedren reël en hy gee 'n paar hele interessante feite oor die vallei en hoekom daar in 1962 'n pad na die vallei gebou is. Volgens Wikipedia is Wikus se feite foutief! Hulle beweer die dam is eers in 1969 gebou en dat dit pad niks met die bou van die dam te doen gehad het nie!


Ons is vroeg bed toe en teen daardie tyd het dit al lekker afgekoel. Die kampterrein is ook langs 'n stroompie, wat eintlik 'n baie aangename atmosfeer skep.


Ontbyt was vanaf 05:30 bedien en ons kon kies tussen Weetbix, hawermout en museli. Ek het op die hawermout besluit saam met 'n lekker koppie koffie. Wegspring was weer vir 07:00 geskeduleer. 


Die nuwe kampterrein het die voordeel dat ons lekker warm gery is teen die tyd wat ons Elandspas moet aandurf. Dit neem my net meer as 'n uur om die eerste 14 kilometer, tot aan die voet van die pas, af te lê. Nou kom die "grind" van die pas. Ons klim 500 meter oor die 5 kilometer van die pas en dit neem my 'n uur om tot bo te kom! Dit word gevolg deur "Heartbreak hill" wat nou 'n lekker afdraend is. Dit word egter gevolg deur die 31 kilometer to aan die bopunt van Swartbergpas waar ons nou van 713 meter na 1,560 meter moet klim. Ongelukkig is daar nog die klomp ops en afs tussen in, wat tot gevolg het dat dag 2 se klim 300 meter meer as dag 1 se klim is. Dit is veral die gedeelte na waterpunt 2 wat "uitmergelend" is. Dit hou net nie op nie en die pad oppervlakte is hier ook die swakste. Dit neem my 40 miute langer langer om die 31 kilometer terug te ry. Dit het my die vorige dag 1:15 van die bopunt van Swartbergpas na waterpunt 2 geneem. Vandag neem dit my 2 uur!


Terwyl ek Elandspas so uit getrap het, merk ek twee ouens met dieselfde klere aan, maar ek "kliek" nie dat dit Rudi en Riki is nie. By waterpunt 1 "kliek" ek toe en ons ry vir die res van die dag saam! Party keer is ek voor en dan is hulle weer voor. Dan ry ek so 'n entjie "uit" hulle uit en netnou doen hulle weer dieselfde met my. Nie dat ons dit bewustelik doen nie, dit "gebeur" maar nie. Ons ry vanaf die tweede waterpunt tot by die einde saam. 





Die ekstra klim van dag 2 veroorsaak dat ek 27 minute langer ry en in 6:17 klaar maak. Totale tyd oor die twee dae was 12:17 met 'n afstand van 147.2 kilometer met 4,030 se klim. Dag 1 se gemiddelde spoed was 12.6 vir die 73 kilometer met 1847 meter se klim en Dag 2 se spoed was 11.7 vir die 73 kilometer net 2,183 meter se klim..






Vrydag 25 Oktober 2024

HotH toer opsomming

 


Ons het gisteraand weer baie lekker saam met Kosie en Ryna gekuier. Die laaste oggend is met ontbyt afgesluit en Ryna het ons weer "bederf" met 'n heerlik vasgebakte brood.


Data opsomming:  323 km, 5,611 meter se klim; 25:42:20 se ry tyd; gemidelde spoed 12.56 kpu.